Lys van Presidente van die Verenigde State van Amerika

Vlag van die President van die Verenigde State van Amerika.
Seël van die President van die Verenigde State van Amerika.
Die Withuis, die amptelike huis en kantoor van die Amerikaanse president.
Die VS-Presidente George H.W. Bush, Barack Obama, George W. Bush, Bill Clinton en Jimmy Carter.

Volgens die Amerikaanse Grondwet is die President van die Verenigde State van Amerika die staatshoof asook die regeringshoof van die Verenigde State. As hoof van die uitvoerende been en hoof van die federale regering as geheel, is die presidensie die hoogste politiese kantoor in die Verenigde State deur sy invloed en erkenning. Die President is ook die opperbevelvoerder van die Amerikaanse weermag. Die president word indirek verkies tot 'n termyn van vier jaar deur 'n kieskollege (of deur die Huis van Verteenwoordigers indien die kieskollege geen persoon verkies deur 'n absolute meerderheid nie). Sedert die bekragtiging van die 22ste Wetswysiging van die Amerikaanse Grondwet in 1951 mag geen persoon vir meer as twee keer tot die amp van president verkies word nie.[1] Met afsterwe, bedanking of verwydering van 'n president word die adjunkpresident aangestel as president. Hierdie lys sluit slegs diegene in wat as president ingesweer is na die bekragtiging van die Grondwet van die Verenigde State op 4 Maart 1789. Hierdie lys sluit ook nie waarnemende presidente onder die 25ste Wetswysiging van die Amerikaanse Grondwet in nie.

Daar is 45 mense as president ingesweer en 46 presidensies omdat Grover Cleveland twee termyne as president gedien het wat nie op mekaar volg nie en hy word chronologies getel as die twee-en-twintigste en vier-en-twintigste president. Van almal wat as president verkies is het vier tydens hul presidentskap gesterf weens natuurlike oorsake (William Henry Harrison, Zachary Taylor, Warren G. Harding en Franklin D. Roosevelt), een het bedank (Richard Nixon) en vier is vermoor (Abraham Lincoln, James A. Garfield, William McKinley en John F. Kennedy). Die eerste president was George Washington wie in 1789 ingehuldig is na 'n eenstemmige uitslag van die kieskollege. William Henry Harrison het die kortste tyd as president gedien (31 dae in 1841). Met meer as twaalf jaar het Franklin D. Roosevelt die langste tyd as president gedien en hy is ook die enigste president wat meer as twee termyne gedien het. Hy is egter kort na die aanvang van sy vierde termyn in 1945 oorlede. Die huidige president is Joe Biden; hy is op 20 Januarie 2021 ingehuldig.

  1. (en) "The Constitution: Amendments 11–27". U.S. National Archives & Records Administration. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2016. Besoek op 10 Januarie 2008.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search